![]()
As daar nou een onderwerp is waarmee daar in Afrikaansonderrig kleigetrap word, is dit die direkte en indirekte rede. Die redes daarvoor is veelvuldig én veelvoudig, maar die oerdwaling het gekom, vermoed ek, by die behoefte om “maklike” reëls te skep waarmee kinders “maklik” onderrig en “maklik” geassesseer kan word.