Quantcast
Channel: Taalgebruik | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 411

Taalgebruik: bedien, dien, diens

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Restaurantgaste word bedien, asook ʼn gemeente en ʼn masjien.

Die bediening [NIE: diens] in die restaurant was flink, maar die dienslewering in die stad swak.

Kos word, na gelang van omstandighede, voorgesit, opgedien, opgedis of opgeskep [EERDER AS: bedien]; drank word aangebied of geskink.

Mense word van raad/advies gedien [NIE: bedien] maar sê liewer raad/advies word aan iemand gegee.

Iemand dien in [NIE: op] ʼn bestuur, kabinet, komitee, raad of redaksie.

ʼn Dagvaarding word aan iemand bestel of beteken [NIE: bedien].

ʼn Tennisspeler slaan af [NIE: dien].

Almal is aan [NIE: op] diens of almal werk, en hulle is/kom van diens of die werk.

Iemand doen/verrig nagdiens of werk snags [NIE: werk nagdiens] en is dan ʼn diensdoende [NIE: diensdoenende] persoon.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering


Viewing all articles
Browse latest Browse all 411