
Argieffoto (Foto: Ryan McGuire, Pixabay)
Volgens Skryf Afrikaans van A tot Z slaan fisiek op ʼn mens se liggaam (die teenoorgestelde van geestelik) en fisies op die fisika of die natuur.
Die HAT bepaal egter:
fisiek (byvoeglike naamwoord en bywoord)
1 Ook fisies Wat op die liggaam betrekking het; liggaamlik: Die fisieke toestand van die volk. Fisieke uitputting, fiksheid. ∇ Sy is sterker en jonger, en met haar krag kry sy die skraler, ouer gestalte fisiek daar weg (Elsa Joubert).
2 Meestal fisies Van, betreffende die natuur: Dit is fisiek (fisies) onmoontlik.
fisies (byvoeglike naamwoord en bywoord)
1 Van, betreffende die natuur; natuurlik: Fisiese of meganiese prosesse by verwering.
2 Van, betreffende die fisika; natuurkundig: Fisiese chemie. Fisiese verbindings.
3 Ook fisiek Liggaamlik: Fisiese oefeninge. Fisies en verstandelik is die kind baie agterlik. Na sy besering kan hy nie fisies by die ander spelers bybly nie.