Die Afrikaans vir size is grootte.
Die selfstandige naamwoord grote beteken “die groot een”.
ʼn Skoen van dié grootte of net so ʼn groot skoen [NIE: dié dieselfde grootte skoen]
ʼn Standbeeld is lewensgroot of van lewensgrootte [NIE: ʼn lewensgrootte standbeeld] asook
ʼn koningsgroot bed of ʼn bed van koningsgrootte
grootte
1 afmetings; omvang; uitgebreidheid: die grootte van ʼn huis/plaas/stad; Watter grootte rok/hemp/skoen dra jy?
2 [geen meervoud] toestand/hoedanigheid van meer as die normale of gewone afmetings/omvang/uitgestrektheid te besit: ʼn stoeier/kantoorgebou/dam wat indrukwekkend is vanweë sy grootte; toeneem in grootte en belangrikheid
grote
1 iets wat groot afmetings het: Ek sal die klein stukkie eet; neem jy die grote; Die grote het weggekom, sê die vissermanne altyd
2 volgroeide mens/dier: Die grotes en die kleintjies moet geskei word
3 belangrike persoon: Alexander die Grote
Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering