Medisyne word deur die mond of met ʼn lepel toegedien [NIE: per mond].
Iemand drink daagliks medisyne teen bv. malaria, gebruik of neem dit mondeliks, of sluk pille of tablette.
Middels of medisyne vir bv. teringlyers is gratis.
Die woord medikasie slaan meer bepaald op geneeskundige behandeling of die toediening of gebruik van medisyne, en ʼn amptelike verslag handel oor geneesmiddels [NIE: medisyne].
Gebruik ook die woord geneeskunde [NIE: medisyne] vir die professie of studierigting.
drugs (na gelang van die verband) medisyne, verbode middels of dwelmmiddels/dwelms
drug addiction dwelmverslawing; ook afhanklikheid van geneesmiddels, middelafhanklikheid
OOK:
Medisyne word mondeliks [NIE: mondelings] of deur die mond [NIE: per mond] geneem of gesluk. ʼn Eksamen of getuienis word mondelings (teenoor skriftelik) afgelê; die byvoeglike naamwoord in laasgenoemde verband is mondelinge (eksamen/getuienis).
Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering