Quantcast
Channel: Taalgebruik | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 411

Die waarde van getuigskrifte

$
0
0
Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

In How to Read a Book skryf Mortimer Adler hy kan aan net een situasie dink waarin mense werklik beter lees as gewoonlik: Wanneer hulle verlief is en ‘n minnebrief ontvang. Dan lees hulle elke woord op drie maniere: tussen die reëls en in die kantlyne, die geheel in terme van die dele, en die dele in terme van die geheel. Hulle word gevoelig vir konteks en meerduidigheid. Hulle let op die kleur van woorde, die geur van frases, die gewig van sinne… én neem punktuasie in aanmerking. Dán, indien nooit daarvóór of daarná nie, léés hulle. Tot so ver Adler.

Maar daar is nog ‘n geskrif wat ons baie, baie deeglik behoort te lees: ‘n getuigskrif. Juis omdat ons nooit bewustelik leer getuigskrifte skryf óf lees nie, is ons dalk agterna so dikwels teleurgesteld in die betrokke mens.

Wat ‘n getuigskrif nie getuig nie

Moenie getuigskrifte net lees vir wat daar staan nie. Wat van alles wat NIE vermeld word nie? En lees tog die swart-op- wit bewoording met ‘n vergrootglas en onder ‘n soeklig. Hier volg ‘n lys van moontlike betekenisse van woorde en sinsnedes in getuigskrifte:

Aangename persoonlikheid – te dig om iemand te beledig
Betroubaar en hardwerkend – sonder verbeelding of inisiatief
Buigsaam – gewillig om die vuilwerk te doen
Entoesiastiese werker – dryf kollegas teen die mure uit met kwadruplisering
Gee volle samewerking – jellievis met geen eie standpunt nie
Goeie maniere – kruiperig
Goeie sin vir humor – lag altyd vir seniors se grappe, hoe flou ook al
Goeie spanwerker – te bang om op eie houtjie ‘n voet te versit
Handhaaf goeie verhoudings met minderes – kan nie nee sê nie
Inspireer ander – maak mense gereeld smoorkwaad
Leierspotensiaal – pasop vir jou rug en jou werk!
Let op ander mense se behoeftes – soek altyd ‘n los skelmpie
Lewendige telefoonetiket – swets en tier maklik oor die foon
Lojaal – verklik kollegas by die base
Ondernemend – hardloop agter al wat ‘n nuwigheid is aan
Pligsgetrou – neem nie lang etensure nie
Raak intens geïnteresseerd in die werk – kritiseer alles en almal
Sal goed inpas – sal nooit ‘n leier word nie
Sistematies – gekant teen enige vernuwing
Sonnige geaardheid – leë kop
Standvastig – onwrikbare konserwatiewe idees
Stip – verlaat die kantoor presies om 16:00
Van harte aanbeveel – vat om hemelsnaam weg uit my omgewing
Vol nuwe idees – wil vir almal voorsê wat om te doen
Vol selfvertroue – praat gedurig teë
Wye belangstelling – skeep eintlike werk af

‘n Getuigskrif is enig in sy literatuursoort. Lees dit volgens sy eie vereistes.

Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998


Viewing all articles
Browse latest Browse all 411

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!