Quantcast
Channel: Taalgebruik | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 411

Taalgebruik: besonders, sonderling

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Talle gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die betekenisverskille tussen besonder, besonders en sonderling.

Dit is ‘n besonder (“baie”) deftige uitrusting vir ‘n besonderse (“buitengewone” of “spesiale”) geleentheid.
Besonder kan ook “spesifiek” beteken: Die besondere geval waarna jy verwys.
Sonderling beteken “vreemd” of “eienaaardig”.

besonder
1 Eie, afsonderlik, op homself: My besondere belange
2 Anders as die gewone; apart, buitengewoon: Die jong meisie is werklik besonder mooi
3 In ‘n baie hoë graad: Dis ‘n besondere guns, eer, toekenning
4 Buitengewoon: Dis nou iets besonders

In die uitdrukking: in die besonder, spesiaal veral

besonders
1 Apart: Elkeen besonders
2 Seldsaam: ‘n Besonderse gebeurtenis; dit is ‘n besonderse naam
3 Buitengewoon: Besonders klein, groot, lelik

sonderling
(as byvoeglike naamwoord en bywoord) Eienaardig, vreemd, raar; sonderbaar: ‘n Sonderlinge voorval. Jou sonderling gedra. Dis ‘n sonderlinge gesig, iets wat mens nie dikwels sien nie.
(as selfstandige naamwoord) Sonderlinge, eksentrieke mens: Hy is ‘n sonderling. Omdat sy so ‘n sonderling is, het sy waarksynlik nie haar kursus voltooi nie (JM gilfillan)

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering


Viewing all articles
Browse latest Browse all 411