
Foto: Pixabay
Talle gebruikers van Afrikaans is soms onseker oor die verskil tussen “astrologie” en “astronomie”.
ʼn Astroloog is ʼn sterrewiggelaar (iemand wat beweer dat die lotgevalle van die mens deur die stand van die sterre bepaal word); ʼn astronoom is ʼn sterrekundige (wetenskaplike).
astrologie: sterrewiggelary (uit Grieks: astron ster + logien praat)
astronomie: sterrekunde (uit Grieks: astron ster + nomos wet)
Hierdie brokkie is gepubliseer in Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos