Quantcast
Channel: Taalgebruik | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 411

Taalgebruik: opsoek, op soek

$
0
0

Argieffoto (Foto: myrfa, Pixabay)

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil tussen “opsoek” en “op soek”.

opsoek x op soek

Hier is twee heeltemal verskillende konstruksies wat heeltemal verskillend gebruik word, en tog sien ’n mens dikwels dat die eerste een in plaas van die tweede gebruik word. Die eerste een, opsoek, is ’n skeibare werkwoord (ook genoem deeltjiewerkwoord, partikelwerkwoord) wat in Afrikaans veral beteken “ ’n besoek bring aan, op besoek gaan” en “naslaan”.

Afhangende van die sin waarin dit gebruik word, word dit óf as een woord geskryf, óf as twee los woorde, maar dan kom die op ná die soek: Jy moet my opsoek as jy weer in ons dorp kom, hoor!; Kom soek my op as jy weer in ons dorp kom, hoor!; Vakansietye het ons altyd Pa se ou tante in die ouetehuis opgesoek. (In die infinitiewe vorm van die werkwoord word die dele natuurlik ook geskei: om (iemand) op te soek.)

Die ander konstruksie is ’n tipiese voorsetselkonstruksie waarin soek ’n selfstandige naamwoord is wat voorafgegaan word deur die voorsetsel op en gevolg word deur na, byvoorbeeld: Hulle is op soek na blyplek in die stad; Ek was juis op soek na ’n lekker boek om te lees toe ek dié een raakloop. In geen omstandighede kan op plus soek in hierdie konteks as een woord geskryf word nie.

Indien jy dus ʼn woord in ʼn woordeboek wil naslaan, dan kan jy die woord “opsoek”.

opsoek ww. [soek op; het opgesoek]

1 iets opsoek iets in ‘n boek/ens. soek/naslaan: ʼn woord in ‘n woordeboek opsoek.
2 iemand opsoek aan iemand ‘n besoek bring: Dis tyd dat ek weer my ou vriende in die stad gaan opsoek (iemand se geselskap opsoek)
3 Kies as plek om die tyd te verwyl: Die koelte, skaduwee opsoek

op soek [na]

Indien jy spesifieke besonderhede soek of indien die polisie iemand soek, dan is jy op soek na die besonderhede of die polisie is op soek na die persoon (of bloot, soek die persoon).

Dié inligting is beskikbaar op VivA se aanlyn-app. Besoek gerus die VivA-webblad of laai die gebruikersvriendelike slimfoontoepassing af (kyk in die iStore en op Google Play vir VivA-aanlyn)


Viewing all articles
Browse latest Browse all 411

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!