Quantcast
Channel: Taalgebruik | Maroela Media
Viewing all 411 articles
Browse latest View live

Taalgebruik: toewy, uitwei, wy

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Jy wei [NIE: brei] oor iets uit wanneer jy besonderhede geen van, breedvoerig/nader ingaan op ʼn saak, meer daaroor sê, dit uitvoeriger behandel, dit aanvul, nader ingaan of voortborduur daarop.

Jy wy jou aandag of lewe aan iets, en wy byvoorbeeld ʼn dag aan nasionale simbole.

ʼn Priester word gewy wanneer hy ingeseën word en wy daarna sy hele lewe toe aan die kerk en is dan toegewy(d).

OOK:

inwy Die kerk is presies ʼn jaar ná die hoeksteenlegging plegtig ingewy, en byvoorbeeld ʼn nuwe gebou, kaai, brug of pad word amptelik geopen of feestelik in gebruik geneem. ʼn Standbeeld word onthul.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.


Taalgebruik: bedien, dien, diens

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Restaurantgaste word bedien, asook ʼn gemeente en ʼn masjien.

Die bediening [NIE: diens] in die restaurant was flink, maar die dienslewering in die stad swak.

Kos word, na gelang van omstandighede, voorgesit, opgedien, opgedis of opgeskep [EERDER AS: bedien]; drank word aangebied of geskink.

Mense word van raad/advies gedien [NIE: bedien] maar sê liewer raad/advies word aan iemand gegee.

Iemand dien in [NIE: op] ʼn bestuur, kabinet, komitee, raad of redaksie.

ʼn Dagvaarding word aan iemand bestel of beteken [NIE: bedien].

ʼn Tennisspeler slaan af [NIE: dien].

Almal is aan [NIE: op] diens of almal werk, en hulle is/kom van diens of die werk.

Iemand doen/verrig nagdiens of werk snags [NIE: werk nagdiens] en is dan ʼn diensdoende [NIE: diensdoenende] persoon.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: fonds of vonds

$
0
0
Argieffoto (Foto: Luxstorm, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Luxstorm, Pixabay)

Die Afrikaans vir funds is fondse of gewoon geld: Daar is geen geld [NIE: fondse] vir die projek nie. Gewoonlik word geld gestort of inbetaal in ʼn fonds wat met ʼn spesiale doel gestig [NIE: in die lewe geroep] is, soos in ʼn siekefonds of ʼn Kersfonds.

Soms gaan dit om ʼn begroting of geldmiddele: Die weermag se begroting [NIE: fondse] is erg besnoei.

Geld [NIE: fondse] word bewillig, gegee, geskenk of voorgeskiet vir byvoorbeeld ʼn projek, of die projek word gefinansier of gesubsidieer deur dit geldelik te steun of van kapitaal te voorsien [NIE: befonds]. Die selfstandige naamwoorde in dié verband is finansiering of subsidiëring [NIE: befondsing].

ʼn Vonds is iets wat gevind is of ʼn ontdekking wat gedoen is; die meervoud is vondste [NIE: vondse].

fooi

Die Afrikaans vir fees is geld(e), soos in inskrywings=, klas=, kurk=, dokters= en prokureursgeld, of betaling, heffing (bv. diensheffing), tarief, vergoeding en loon. Prokureurs laat betaal [NIE: vra ʼn fooi] vir ʼn konsultasie. Al hoe meer beroepslui verwys na hul vergoeding as ʼn fooi, maar gelde of tariewe is verkieslik.

ʼn Fooi(tjie) is ʼn geskenk wat in geld aan byvoorbeeld ʼn kelner of ʼn parkeeraanwyser gegee word vir ʼn gelewerde diens.

geld

Iemand sal R1 000 aan [NIE: in] prys- of omkoopgeld ontvang, en die skool- of doktersgeld [NIE: skoolfonds/doktersfooie] is verhoog. ʼn Belegging word in geld omgesit of te gelde gemaak (verouderd) [NIE: in kontant omgeskakel/omskep].

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: sleg of swak?

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Sleg is die teenoorgestelde van goed, en swak die teenoorgestelde van sterk: Iets getuig van goeie/slegte smaak, iemand se gesondheid is goed/sleg of sy/haar gedrag is goed/sleg.

Tog word swak al hoe meer as minder sterk teenoorgestelde van goed gebruik: Hy het swak gevaar, wat minder sterk is as: Hy het sleg gevaar.

Iemand is sleg daaraan toe [NIE: sleg af] en kom die slegste daarvan af.

Dit is die slegs moontlike [NIE: slegste moontlike] gedrag, of hy was die swaks geklede [NIE: swakste geklede] man in die vertrek.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: ballingskap

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn Balling (korter as banneling) is iemand wat uit sy eie land verban en dan in ballingskap is [NIE: bannelingskap].

Die werkwoord ban beteken “uitsluit”: ʼn Mens ban iets uit jou gedagtes. Die uitdrukking in die ban doen is ʼn kerklike begrip wanneer iemand geëkskommunikeer word (deurdat sy lidmaatskap van die kerk opgehef word), maar dit word ook wyer gebruik in die sin van ʼn verbod of taboe. Mense kan uit hul land verban word (en is dan ballinge/bannelinge), maar boeke, rook of organisasies word verbied.

unban die verbod op byvoorbeeld ʼn boek of politieke party ophef; ʼn balling word toegelaat om na sy land terug te keer [NIE: ontban].

Uitgewekenes het vrywilllig uit hul land padgegee en kan terugkeer.

Woord: hoenderkraai

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Woord:
hoenderkraai

Betekenis:
(selfstandige naamwoord) Die tyd wanneer die hoenders kraai – heel vroeg in die môre: Hulle het gesit en gesels tot hoenderkraai.
(bywoord) Baie vroeg in die môre: Die volgende môre hoenderkraai het hulle vertrek

Taalgebruik: fisiek, fisies

$
0
0
Argieffoto (Foto: Ryan McGuire, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Ryan McGuire, Pixabay)

Volgens Skryf Afrikaans van A tot Z slaan fisiek op ʼn mens se liggaam (die teenoorgestelde van geestelik) en fisies op die fisika of die natuur.

Die HAT bepaal egter:

fisiek (byvoeglike naamwoord en bywoord)
1 Ook fisies Wat op die liggaam betrekking het; liggaamlik: Die fisieke toestand van die volk. Fisieke uitputting, fiksheid. ∇ Sy is sterker en jonger, en met haar krag kry sy die skraler, ouer gestalte fisiek daar weg (Elsa Joubert).
2 Meestal fisies Van, betreffende die natuur: Dit is fisiek (fisies) onmoontlik.

fisies (byvoeglike naamwoord en bywoord)
1 Van, betreffende die natuur; natuurlik: Fisiese of meganiese prosesse by verwering.
2 Van, betreffende die fisika; natuurkundig: Fisiese chemie. Fisiese verbindings.
3 Ook fisiek Liggaamlik: Fisiese oefeninge. Fisies en verstandelik is die kind baie agterlik. Na sy besering kan hy nie fisies by die ander spelers bybly nie.

Taalgebruik: astrologie, astronomie

$
0
0
Argieffoto (Foto: skeeze, Pixabay)

Argieffoto (Foto: skeeze, Pixabay)

Talle gebruikers van Afrikaans is soms onseker oor die verskil tussen “astrologie” en “astronomie”

‘n Astroloog is ‘n sterrewiggelaar (iemand wat beweer dat die lotgevalle van die mens deur die stand van die sterre bepaal word); ‘n astronoom is ‘n sterrekundige (wetenskaplike).

astrologie: sterrewiggelary (uit Grieks: astron ster + logien praat)
astronomie: sterrekunde (uit Grieks: astron ster + nomos wet)

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering


Taalgebruik: besonders, sonderling

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Talle gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die betekenisverskille tussen besonder, besonders en sonderling.

Dit is ‘n besonder (“baie”) deftige uitrusting vir ‘n besonderse (“buitengewone” of “spesiale”) geleentheid.
Besonder kan ook “spesifiek” beteken: Die besondere geval waarna jy verwys.
Sonderling beteken “vreemd” of “eienaaardig”.

besonder
1 Eie, afsonderlik, op homself: My besondere belange
2 Anders as die gewone; apart, buitengewoon: Die jong meisie is werklik besonder mooi
3 In ‘n baie hoë graad: Dis ‘n besondere guns, eer, toekenning
4 Buitengewoon: Dis nou iets besonders

In die uitdrukking: in die besonder, spesiaal veral

besonders
1 Apart: Elkeen besonders
2 Seldsaam: ‘n Besonderse gebeurtenis; dit is ‘n besonderse naam
3 Buitengewoon: Besonders klein, groot, lelik

sonderling
(as byvoeglike naamwoord en bywoord) Eienaardig, vreemd, raar; sonderbaar: ‘n Sonderlinge voorval. Jou sonderling gedra. Dis ‘n sonderlinge gesig, iets wat mens nie dikwels sien nie.
(as selfstandige naamwoord) Sonderlinge, eksentrieke mens: Hy is ‘n sonderling. Omdat sy so ‘n sonderling is, het sy waarksynlik nie haar kursus voltooi nie (JM gilfillan)

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: lag

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Taaltoffie stel ondersoek in oor die regte gebruik van die woord “lag” in verskeie uitdrukkings.

ʼn Mens lag in jou vuis [NIE: in jou mou]

laugh something away iets weglag [NIE: aflag], of, dit al laggende afmaak
one cannot help but laugh jy kan jou lag nie hou nie [NIE: kan nie help om te lag nie]
she had to laugh sy moes lag
laugh out loud brul/skater van die lag [NIE: hardlop lag]

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: Gravisteken

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Die gravisteken (`) word in Afrikaans net op vokaalletters geplaas.

Die gravisteken word in enkele algemeen gebruiklike Afrikaanse woorde gebruik om die uitspraak [ε] van die letter e aan te dui.

appèl, dè, hè, nè

Opmerking: Hoewel dié vier woorde tradisioneel die enigste tipies Afrikaanse woorde is wat altyd met ʼn gravisteken gespel word, staan dit ʼn gebruiker vry om ʼn gravisteken te gebruik om, soos by appel teenoor appèl, te onderskei tussen gesel en gesèl, kartel en kartèl, en dergelike.

Die gravisteken word gebruik in leenwoorde van vreemde herkoms in hulle oorspronklik spelvorm.

barrière, crèche, pietà of piëta, première, vis-à-vis

Opmerking: Sommige leenwoorde word met die akuutteken en sommige met die gravisteken, of albei, geskryf omdat daar gehou word by die spelvorm van die taal waaraan die woord ontleen is (déjà-vu).

*Hierdie brokkie is oorspronklik gepubliseer in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2009) opgestel deur die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Uitgewer: Pharos (NB Uitgewers)
Prys: R420-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek hier.

Boek: Afrikaans vir almal

$
0
0

9781868901951.jpgIsabel Uys

Hierdie splinternuwe titel is die eerste taalnaslaanbron wat KABV-gebaseer is. Dit bestaan uit twee dele. Die eerste deel sluit taalreëls en nalsaanlyste in, en die tweede deel bevat algemene kennisfeite oor Suid-Afrika en die res van die wêreld.

KABV-vereistes vir Afrikaans Huistaal en Eerste en Tweede Addisionele Taal vorm die basis vir die onderwerpe wat in dié boek bespreek word. Hierdie onderwerpe sluit onder meer  die volgende in: punktuasie, sametrekkings, woordsoorte, letterlike en figuurlike betekenis, geluide van dinge en diere, tye, sinonieme en antonieme, homonieme en homofone en leenwoorde, om maar ’n paar te noem. Dit bevat ook ’n lys met handige literêre terme soos hiperool, klanknabootsing en personifikasie, sowel as nuttige notas oor skriftelike werk.

Die tweede deel van die boek fokus op algemene kennisfeite soos die nasionale simbole van Suid-Afrika, wie ons buurlande is, waar ons elf amptelike tale gepraat word, wie die wêreldleiers is, watter geldeenheid waar gebruik word, en groot uitvindsels van die wêreld.

Die eenvoudige uitleg en duidelike leiding maak hierdie titel ’n moet-hê vir elke leerder wat Afrikaans as ’n Huistaal of Eerste of Tweede Addisionele Taal wil slaag. Dit is ook ’n handige naslaanbron vir volwassenes.

*Die Engelse ekwivalent van hierdie publikasie is ook beskikbaar onder die titel English for All.\

Oor die outeur

Isabel Uys is ’n oudonderwyseres en -skoolboekkeurder van Stellenbosch. Sy is die samesteller van ’n hele aantal studiegidse, veeltalige woordeboeke en feitegidse. Sy het twee ATKV-pryse verower. Baie van haar boeke is topverkopers en sommige is  meer as 16 keer herdruk en bygewerk. Haar taalnaslaanbronne word plaaslik en internasionaal goed ontvang.

Haar titels sluit in die Afrikaanse Makrogids, Feitegids,  English-Afrikaans-Xhosa-Xulu Aid, English-Afrikaans-Northern Sotho-Tswana Aid, Die Suid-Afrikaanse Gids, The South African Aid, The New Macro English Aid, The Basic English-Afrikaans-Xhosa-Zulu Aid en Basic Words om ’n paar te noem.

Isabel het drie jaar aan haar jongste titels Afrikaans vir Almal / English for All gewerk.

Uitgewer: Pharos
Prys: R245.00*
*Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: bespaar of spaar?

$
0
0
Argieffoto (Foto: luxstorm, Pixabay)

Argieffoto (Foto: luxstorm, Pixabay)

Jy kan water en elektrisiteit bespaar [NIE: spaar] en aan uitgawes bespaar of die uitgawes besnoei [NIE: bespaar/sny op uitgawes].

Jy spaar geld of iemand se lewe, of jy spaar iemand die moeite of vernedering.

do you have a moment to spare? kan jy ʼn oomblik/tydjie afknyp? het jy tyd oor?

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: vasberade, vasbeslote

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Vasberade slaan op ʼn karaktereienskap, soos in ʼn vasberade leier
Jy is (in jou gemoed) vasbeslote om jou plan uit te voer (hoewel jy nie noodwendig ʼn vasberade mens is nie)

vasberade wat nie maklik van sy/haar standpunt afwyk nie; met vaste wil; standvastig: vasberade wees om ʼn saak deur te voer; vasberade stakers

vasbeslote wat nie maklik van sy/haar standpunt af te bring is nie; gedetermineerd: Hy is vasbeslote om te bedank

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: bespiegel, gis, spekuleer

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Jy bespiegel of gis [NIE: spekuleer] oor ʼn moontlikheid.

Jy spekuleer deur byvoorbeeld eiendom te koop en te verkoop met die kans om heelwat geld te maak.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering


Taalgebruik: aankondig of afkondig

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Die woorde word dikwels sinoniem gebruik hoewel elkeen in ʼn groot mate sy eie gebruiksveld het. Normaalweg word ʼn nuwe boek aangekondig, terwyl ʼn nuwe wet afgekondig word.

aankondig mondeling of skriftelik bekend maak
afkondig op gebruiklike of voorgeskrewe wyse in die openbaar bekend maak

Nuus of nuwighede word aangekondig: Die skoolhoof maak/doen elke Maandag aankondigings vanaf die verhoog.
Wette of die noodtoestand word afgekondig [NIE: verklaar/uitgeroep]

Taalgebruik: oorbodig, oordadig, oortollig

$
0
0
Die aktrise Kathy Kinney, beter bekend as  Mimi Bobeck in "The Drew Carey Show"

Die aktrise Kathy Kinney, beter bekend as Mimi Bobeck in “The Drew Carey Show”

Woord: oorbodig
Betekenis: te veel, onnodig, meer as nodig
Gebruik: Hierdie twee stoele is oorbodig; Oorbodige werkers kan dalk afgedank word; ʼn Oorbodige opmerking.

Woord: oordadig
Betekenis: onmatig, oormatig, skuldig aan oordaad, buitensporig
Gebruik: Oordadig eet/lewe; ʼn Oordadige lewe lei

Woord: oortollig
Betekenis: wat gemis kan word (oortollige gewig), meer as wat nodig is,
Gebruik: oortollige voorrade/kos/gewig/woorde; Op die solder lê daar heelwat oortollige goed wat maar verkoop kan word.

Taalgebruik: uitvind of ontdek?

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Ontdek en uitvind word dikwels verwar. Ontdek dui op iets vind wat daar was, maar wat nie bekend was of waargeneem is nie. Uitvind dui op iets nuuts vind: Columbus ontdek dus Amerika, maar ʼn mens vind ʼn nuwe chemiese middel uit.

ontdek: te wete kom dat iets bestaan (goud is ontdek)
1 iets vind wat nog altyd daar was, maar waarvan niemand voorheen geweet het nie; te wete kom dat iets bestaan of so is: ʼn nuwe eiland/plantsoort/diersoort ontdek
2 kry/vind wat verborge is: ʼn fout ontdek

uitvind: vir die eerste keer vind hoe om te maak (televisie is uitgevind)
1 vir die eerste keer vasstel hoe iets nuuts gemaak/gebou/ens. kan word; uitdink: ʼn dodelike nuwe wapen uitvind
2 te wete kom, vasstel: Ek kon nie uitvind wat hy bedoel het nie

Taalgebruik: angstig of gretig?

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Angstig beteken om bang, benoud, bevrees, bekommerd, begaan te wees of met angs vervul te wees: Die aanvalle maak die inwoners angstig, of: Die kind luister angstig na geluide in die donker huis.

1 met angs vervul: angstig wees op ʼn eensame plaas; angstig deur ʼn donker bos stap
2 wat angs uitdruk: ʼn angstige blik/geskreeu
3 wat angs veroorsaak: in angstige verwagting

anxious gretig of begerig, ongeduldig, wil (bitter) graag hê, sien uit na, of is nuuskierig of besorg oor; angstig in die betekenis “gretig”, “begerig” is ʼn anglisisme

Gretig:
met lus en ywer; opgewonde oor iets wat gaan gebeur of iets wat jy graag wil doen; begerig: gretig wees om te leer; gretig luister; iets met gretige hande gryp; gretig uitsien na ʼn vakansie; gretig uitvra na nuus van jou familie

Taalgebruik: vervelig of verveeld?

$
0
0
Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Die werk is vervelig (eentonig), daarom raak ʼn mens gou verveeld.

verveeld wat verveling voel; sonder enige belangstelling: verveeld in die hoek sit; verveeld deur die strate dwaal; ʼn ʼn verveelde lewe lei

vervelig geneig om te verveel; vervelend; langdradig; vermoeiend: ʼn storie vervelig vertel; die lewe op ʼn plaas vervelig vind; ʼn vervelige vent

verveling ergerlike/onaangename gevoel wat ʼn mens kry wanneer jy niks het om jou mee besig te hou nie of ʼn onbevredigde drang na iets nuuts ondervind: die verveling van steeds eenderse, eentonige roetinewerk; dodelike verveling; van verveling kan sterf

Viewing all 411 articles
Browse latest View live