Quantcast
Channel: Taalgebruik | Maroela Media
Viewing all 411 articles
Browse latest View live

Taalgebruik: belig, toelig, verlig

$
0
0
Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Belig beteken om die lig op iets te laat val: Die beligting in die vertrek is goed
1 Lig op iets laat val: ʼn Portret, ʼn saak goed belig
2 Lig op iets laat inwerk, bv. ʼn fotografiese plaat

Toelig beteken om te verklaar, op te helder of nader besonderhede te verstrek: Die kenner het die saak toegelig, ek wil dit met ʼn paar voorbeelde toelig, toeligtende woord, iemand onvoldoende toelig oor die gebruik van ʼn nuwe instrument

Verlig beteken om byvoorbeeld armoede of pyn te verminder of om lig te maak (bv. ʼn helder verligte straat)
As werkwoord:
1 Sy lig uitstraal; met lig beskyn; lig maak: Die son verlig die aarde, die spreiligte het die monument verlig, ʼn kamer met kerse verlig
2 (figuurlik) Geestelike lig, kennis bring, versprei: deur onderwys die volk verlig

As byvoeglike naamwoord:
1 Deur lig beskyn: op ʼn verligte plekkie sit
2 Waar lampe e.d. brand: Die stad was verlig, ʼn helder verligte saal
3 (figuurlik) (a) wat geestelike lig ontvang het; wat ruim dink; met insig: In verligte kringe, ʼn verligte despoot
(b) (verouderend) Wat positief staan teenoor aanpassing en vernuwing; teenoor verkramp: verligte politici

OOK
verlig

As werkwoord:
1 Ligter, minder swaar maak: Die las op iemand se skouers verlig, iemand se taak verlig
2 Minder pynlik maak: ʼn middel wat die pyn verlig
3 (figuurlik) Opbeur: iemand se smart verlig

As byvoeglike naamwoord:
Van ʼn las, van druk bevry: Met ʼn verligte gemoed, heeltemal verlig voel


Woord: tinteltonnetjie

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Woord:
tinteltonnetjie

Betekenis:
klein, gepunte beentjie in die elmboog waaroor ʼn besonder gevoelige senuwee loop; gonnabeentjie

Taalgebruik: mat of tapyt

$
0
0
Argieffoto (Foto: Hans, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Hans, Pixabay)

Mat word vandag vir los matjies, Oosterse matte én volvloermatte gebruik. Dit het die woord tapyt (vroeër ook soms vir linoleum gebruik) tot groot hoogte verdring.

be on the carpet tot verantwoording geroep word, voor stok gekry word, die leviete voorgelees word
roll out the carpet (letterlik) die rooi tapyt ooprol; (figuurlik) iemand met trompetgeskal ontvang/vereer
sweep something under the carpet iets in die doofpot stop, iets verdoesel, dit toesmeer of wegsteek

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: Padvaardig of padwaardig?

$
0
0
Argieffoto (Foto: girlart39, Pixabay)

Argieffoto (Foto: girlart39, Pixabay)

Passasiers is pad=/reisvaardig as hulle gereed is om te vertrek.

Voertuie wat in ʼn goeie toestand is, is padwaardig [NIE: padvaardig]

Skepe is seewaardig
Vliegtuie is lugwaardig

Taalgebruik: eerder of liewer?

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Ek moes eerder (“vroeër”) gekom het; ek het eerder (“liewer”) vroeër gekom.

Eerder en liewer word nie saam met die werkwoord verkies gebruik nie: Ek het verkies om vroeër te kom [NIE: eerder/liewewr verkies], of Ek wou eerder vroeër as later kom, of ek wou vroeër eerder as later kom.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: proe of smaak?

$
0
0
Argieffoto (Foto: civilhetes, Pixabay)

Argieffoto (Foto: civilhetes, Pixabay)

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil in gebruik tussen “proe” en “smaak”. Taaltoffie stel ondersoek in:

Die Engelse werkwoord taste is in Afrikaans proe in die sin ek proe iets, en smaak in die sin iets smaak lekker, maar die kos proe heerlik is al só ingeburger dat proe maar soms as sinoniem vir smaak toegelaat kan word, solank dit nie smaak verdring nie.

Proe is ietwat meer gemoedelik en informeel.

Vergelyk ook:

tasty smaaklik: iets het ʼn lekker smaak
tasteful smaakvol (wat “elegant” of “met ʼn kunssin” beteken): Die vrou is smaakvol geklee, en haar huis is ewe smaakvol gemeubileer
in good taste dit getuig/spreek van goeie smaak, dit is goeie smaak en is met goeie smaak of smaakvol aangebied. Die teenoorgestelde is smakeloos [NIE: dit is in slegte/swak smaak]

OOK:

onsmaaklik x smaakloos x smakeloos
ʼn Onaangename of afstootlike voorval is onsmaaklik. Kos wat na niks proe nie, is smaakloos (teenoorgestelde van smaaklik); en byvoorbeeld versierings is smaakloos (teenoorgestelde van smaakvol). Smakeloos is die verouderde vorm van smaakloos (figuurlik)

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: vuur of brand?

$
0
0
Foto: geralt, Pixabay

Foto: geralt, Pixabay

ʼn Vuur wat deur iemand gemaak is, kan ʼn brand word wanneer byvoorbeeld die veld aan die brand raak [NIE: aan die brand slaan] en dan skade aanrig.

ʼn Brand breek uit of word gestig en dit kan buite beheer raak, buite bedwang woed, handuit ruk of onkeerbaar word en daarna bestry, geblus, in bedwang gebring, bedwing of onder beheer gekry word.

Waar voorbrande gemaak word om te verhinder dat ʼn brand verder versprei, word gesê die brand word beheer

fire-works
(letterlik) vuurwerk of vuurwerkvertoning [NIE: vuurwerke]
(figuurlik) die vonke het gespat

Taalgebruik: kritiek of krities?

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Die byvoeglike naamwoord kritiek slaan op iets ernstigs of gevaarliks: die toestand van die beseerde is kritiek, iets is van deurslaggewende/kritieke belang, of (die) breekpunt is bereik [EERDER AS: kritieke punt] en die belangrikste [NIE: kritieke] vraag is…

Krities slaan op ʼn ingesteldheid: Iemand is krities oor/teenoor/jeens iets wanneer sy kritiek lewer op iets of mense kritiseer oor [NIE: vir] iets wat hulle gedoen het

kritiek
1 beoordeling van die waarde/gedrag van iets/iemand, veral deur te sê wat jy dink minder goed is: goeie/grondige/regverdige/sinvolle/wetenskaplike kritiek; positiewe/opbouende kritiek/ swak/negatiewe/afbrekende kritiek
2 afkeurende uiting: opsomming van gebreke: kritiek op/teen iets lewer; kritiek op iets uitoefen; sy kritiek is altyd gerig teen die skrywer eerder as teen die werk; die belangrikste kritiek teen sy werk is die ondeurdagtigheid daarvan
3 kuns om wetenskaplike/artistieke werk te beoordeel: literêre kritiek

as byvoeglike naamwoord:
1 vlak voor ʼn groot/ernstige beslissing, baie ernstig/gevaarlik: ʼn kritieke oomblik in ʼn land se geskiedenis; die sieke se toestand is kritiek
kritieke temperatuur temperatuur waarbo geen verskil meer bestaan tussen die vloeibare en gasvormige fase nie

krities
1 wat kritiek bevat/betref: ʼn kritiese beskouing van ʼn roman
2 met die vermoë/neiging om kritiek te lewer, skerp beoordelend: Kinders is baie krities; sy werp kritiese blikke na haar kollegas; ʼn werk krities beskou/benader; ʼn stuk krities lees; krities maar objektief na iets kyk

open to criticism blootgestel aan kritiek, vatbaar vir kritiek, kwetsbaar of aanvegbaar
benede alle kritiek nie werd om beoordeel te word nie; ellendig sleg; totaal onaanvaarbaar: Sy behandeling van sy ondergeskiktes is benede alle kritiek

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering


Taalgebruik: onskadelik of skadeloos?

$
0
0
Argieffoto (Foto: PDPhotos, Pixabay)

Argieffoto (Foto: PDPhotos, Pixabay)

Iets wat nie skadelik is of ʼn bedreiging inhou nie, is onskadelik (Engels: harmless)

Iets skadeliks (bv. ʼn ploftoestel) word onskadelik gemaak wanneer dit beveilig word.

ʼn Mens word skadeloos gestel of vir die skade vergoed wat jy gely het of kan ly.

onskadelik
wat geen skade kan doen/veroorsaak nie; nie gevaarlik nie: onskadelike middels/kattekwaad; ʼn onskadelike slangetjie/tydverdryf; ʼn bom onskadelik stel

skadeloos
sonder skade, sonder om skade te ly/ondervind. | iemand skadeloos stel iemand vergoed vir skade wat hy/sy gely het; jou deur versekering skadeloos probeer stel teen rampe; die bestuur skadeloos stel vir die verlies wat ʼn vereniging gely het

Taalgebruik: pasop, pas op, oppas?

$
0
0
Pas op! (Foto: laterjay, Pixabay)

Pas op! (Foto: laterjay, Pixabay)

Die werkwoorde pasop en oppas (albei een woord) word gewoonlik saam met ʼn hulpwerkwoord gebruik: Jy moet pasop/oppas (“toesien”) dat jy nie laat kom nie.

Gebruik pas op (twee woorde) vir ʼn bevel of uitroep: Pas op vir die slang!

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: grootte of grote?

$
0
0
Argieffoto (Foto: Suné van Heerden)

Argieffoto (Foto: Suné van Heerden)

Die Afrikaans vir size is grootte.
Die selfstandige naamwoord grote beteken “die groot een”.

ʼn Skoen van dié grootte of net so ʼn groot skoen [NIE: dié dieselfde grootte skoen]
ʼn Standbeeld is lewensgroot of van lewensgrootte [NIE: ʼn lewensgrootte standbeeld] asook
ʼn koningsgroot bed of ʼn bed van koningsgrootte

grootte
1 afmetings; omvang; uitgebreidheid: die grootte van ʼn huis/plaas/stad; Watter grootte rok/hemp/skoen dra jy?
2 [geen meervoud] toestand/hoedanigheid van meer as die normale of gewone afmetings/omvang/uitgestrektheid te besit: ʼn stoeier/kantoorgebou/dam wat indrukwekkend is vanweë sy grootte; toeneem in grootte en belangrikheid

grote
1 iets wat groot afmetings het: Ek sal die klein stukkie eet; neem jy die grote; Die grote het weggekom, sê die vissermanne altyd
2 volgroeide mens/dier: Die grotes en die kleintjies moet geskei word
3 belangrike persoon: Alexander die Grote

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: afsper of versper?

$
0
0
Argieffoto (Foto: lonepige, Pixabay)

Argieffoto (Foto: lonepige, Pixabay)

Die polisie sal die gebou of gebied afsper [NIE: afkordon/versper] deur dit met linte, toue of lemmetjiesdraad toe te span.
Hindernisse soos voertuigwrakke of ontwortelde bome kan ʼn straat versper sodat niemand kan verbykom nie

OOK:
ʼn Blokkade word in ʼn oorlog, teen ʼn hawe of die hele kus van ʼn land ingestel deurdat toegang afgesluit word, en dit kan later opgehef word. Deesdae word blokkade al hoe meer gebruik waar die verkeers- of gewone polisie voertuie voorkeer en soms deursoek (Engels: road block). Die polisie rig ʼn padblokkade/padversperring op, en bome wat in ʼn storm omgeval het en dwarsoor die pad lê, is versperrings. Dreunstroke en spoedboggels/spoedbulte in strate of op paaie is bedoel om motoriste stadiger te laat ry, en is nie versperrings nie.

versper:
afsluit/toemaak deur iets in die pad te sit; toegang keer/verhinder/belet: ʼn pad met brandende bande en stukke beton versper
(ook figuurlik) Diskriminasie het al baie mense se loopbaanmoontlikhede versper

afsper:
deur ʼn versperring afsny/afsonder: ʼn plek afsper vir die hoë gaste

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: ekskuus, verskoning

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Gebruikers van Afrikaans struikel soms met die gebruik van die uitdrukking “om verskoning vra”, en skryf soms “onverskoning”. Taaltoffie stel ondersoek in.

REG: Jy vra iemand (om) verskoning vir jou gedrag
VERKEERD: Jy vra iemand onverskoning

ekskuus Hy het (groot) ekskuus gevra, of het allerhande ekskuse/verskonings om hom te verontskuldig

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: guur of onguur?

$
0
0
Argieffoto Foto: damonnofar, Pixabay

Argieffoto Foto: damonnofar, Pixabay

Guur en onguur kan mekaar vervang wanneer daar na die weer verwys word. Hulle is egter nie sinonieme wanneer daar na mense verwys word nie; dan word slegs onguur gebruik.

guur: onplesierig; skraal; snerpend koud: Die weer is guur. Die noordewind waai guur. ʼn Gure windjie.

onguur beteken “afstootlik”, “weersinwekkend”, “ru” of “gemeen”: ʼn ongure vent, toneel, gedrag of buurt

1 gemeen, ru: ʼn ongure vent; die ongure besonderhede van ʼn hofsaak
2 ru; onplesierig; winderig; koud: ongure winterweer
3 skrikwekkend; sinister: ʼn ongure toneel

Taalgebruik: byster

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Dié woord word in figuurlike sin met die selfstandige naamwoord spoor en die werkwoord raak gebruik wanneer iemand op die verkeerde spoor (dwaalspoor) beland of verdwaal het: Hy het in die debat die spoor byster geraak. ʼn voertuig loop of ry van die pad [NIE: raak die spoor byster].

Die bywoord byster kan ook “baie” of “danig” beteken: Iets is nie byster goed nie.
Bijster in Nederlands is onder meer ook ‘n bywoord van graad “baie, veel”; dus: “nie te veel, te goed nie”.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering


Taalgebruik: rand of rant?

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

rand
Die rand van die tafel, maar die randpatroon van byvoorbeeld ‘n tafeldoek. Die skade word op honderde rande (onbepaalde telwoord, meervoud) geraam, maar op negehonder rand (bepaalde telwoord, enkelvoud). Die Suid-Afrikaanse geldeenheid, rand, word met ‘n kleinletter geskryf, teenoor die hoofletter van die streek die Rand.

rant
Die vliegtuig het teen die rant (‘n heuwel/koppie) vasgevlieg.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: familie of gesin

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Familie slaan op alle bloedverwante (ook aangetroudes) soos ooms, tantes, niggies, neefs, skoonmense en ook mense met dieselfde van, vandaar familiesaamtrek en Familiebybel.

ʼn Gesin bestaan uit ouers en hul kinders, terwyl ʼn huishouding almal insluit wat saam met die gesin woon.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: minlik en nimlik

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Minlik beteken “aanvallig” of “vriendelik”: haar minlike gelaat of ʼn minlike skikking (sonder die tussenkoms van die hof).

Nimlik beteken “einste”: Dis die nimlike hy.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: desnieteenstaande, ondanks

$
0
0
Argieffoto (Foto: ErikaWittlieb, Pixabay)

Argieffoto (Foto: ErikaWittlieb, Pixabay)

Desnieteenstaande/desondanks het betrekking op iets wat vooraf gesê is: Desnieteenstaande/desondanks (bv. die oorstromings) is die waterbeperkings nie opgehef nie.

Nieteenstaande/ondanks is sinoniem met in weerwil van en ten spyte van en word deur ʼn voorwerp gevolg: Nieteenstaande/ondanks die waarskuwing het hulle in die onstuimige see gaan swem.

Ongeag beteken “sonder inagneming van” of “wat ook al”: Die polisie het gesê hulle sal die mense se regte beskerm ongeag hul politieke affiliasie.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: geskil of verskil

$
0
0
Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Geskil dui op ʼn rusie, onenigheid of botsende gevoelens en dit word (vreedsaam) bygelê, besleg of (met geweld) uitgemaak.

Mense verskil van mekaar in byvoorbeeld voorkoms, of hulle verskil met mekaar oor ʼn saak.
Daar is ʼn verskil tussen [NIE: in] salarisse aan die Rand en in die Kaap.
Die verskil is (dat) [NIE: is daarin geleë (dat)]

Viewing all 411 articles
Browse latest View live