Quantcast
Channel: Taalgebruik | Maroela Media
Viewing all 411 articles
Browse latest View live

Taalgebruik: e-pos, epos

$
0
0
Argieffoto (Foto: terimakasih0, Pixabay)

Argieffoto (Foto: terimakasih0, Pixabay)

Woord:
epos

Betekenis:
Verhalende gedig waarin heldedade breedvoerig beskryf word; heldedig soos die Ilias en die Odussee van Homeros: ʼn Voorbeeld van ʼn moderne epos is DJ Opperman se “Joernaal van Jorik”

Waar kom dit vandaan?
Uit Grieks epos “lied”, “woord”

 

Woord:
e-pos

Betekenis:
Briefwisseling met behulp van die internet; die stuur en aflewering van dokumente/foto’s/sketse/ens. in elektroniese formaat van een rekenaar na ʼn ander of verskeie ander: iets per e-pos aan/vir iemand stuur. Sjoe, ek het vandag baie e-pos gekry. Ek het twee e-posse van jou ontvang; wat van die derde een geword het, weet ek nie.


Taalgebruik: instrumenteel, instrumentaal?

$
0
0
Argieffoto (Foto: bogitw, Pixabay)

Argieffoto (Foto: bogitw, Pixabay)

Instrumenteel slaan letterlik op iets wat met behulp van ʼn instrument gedoen word.

In die betekenis van someone is instrumental in a process/plan/system (bv. John was instrumental in getting the contract to build the new building), is dit beter om te sê iemand is behulpsaam met/by, iets is bevorderlik vir, dra by tot, is diensbaar aan, werk mee aan, speel ʼn rol in, of: deur die toedoen van.

Instrumentaal hou verband met musiek wat voortgebring word deur, uitgevoer word op of gekomponeer word vir ʼn musiekinstrument; dus instrumentale musiek teenoor vokale musiek (sang).

Taalgebruik: belangeloos, onbelangstellend

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

belangeloos (disinterested): sonder betaling; sonder om eie voordeel te soek; wat “onbaatsugtig” en “onselfsugtig” [NIE: sonder belangstelling] beteken. As ʼn mens dus iets doen sonder om jou daardeur te probeer bevoordeel, tree jy belangeloos op.

onbelangstellend (uninterested): sonder om belangstelling te toon; ongeïnteresseerd, onverskillig of iemand toon ʼn gebrek aan belangstelling, is traak-my-nieagtig of staan afsydig.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: berus

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Woord:
berus

Gebruik:
Berus saam met die voorsetsel in beteken om byvoorbeeld met ʼn besluit genoeë te neem, akkoord te gaan, dit te aanvaar of jou daarby neer te lê. Dit is nie wederkerend nie: ʼn Mens berus [NIE: berus jou] in die onvermydelike.

Berus saam met die voorsetsel by slaan op ʼn bevoegdheid, plig en verantwoordelikheid: Dit berus by ʼn leier om die geskikte besluite te neem (en dan moet die volgelinge daarin berus).

Saam met die voorsetsel op is berus sinoniem met gegrond of gebaseer: Die uitspraak berus op ʼn verkeerde aanname.

Taalgebruik: sondebok

$
0
0
Argieffoto (Foto: Pixabay)

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Woord:
sondebok

Betekenis:
Iemand wat vir alles die skuld kry: ʼn Sondebok van iemand maak. Hy is altyd die sondebok. Die sondebok van die familie.

Sondebok word toenemend gebruik vir “sondaar”, dit wil sê “iemand wat skuldig is”, in plaas van “iemand wat onskuldig die straf moet dra”, bv. Ons sal die sondebok nog kry. Al lyk hy so onskuldig, is hy die sondebok.

Die werklike skuldige is die sondaar, en die een op wie die skuld verkeerdelik gepak word en wat dus onskuldig is, is die sondebok.

Waar kom dit vandaan?
Bok wat by Israeliete op die Groot Versoeningsdag sinnebeeldig met die sonde van die volk belaai en die woestyn ingejaag is.

Taalgebruik: regoor, teenoor

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Regoor beteken “presies oorkant” byvoorbeeld ʼn gebou
Teenoor beteken “aan die oorkant van” die gebou.
Teenoor word ook figuurlik gebruik vir twee sake wat teenoor mekaar gestel word.

Afgevaardigdes van oor die hele wêreld (heen) [NIE: van regoor die wêreld] gaan tuis in die grootste hotel ter wêreld of op aarde.

dwarsoor
heeltemal bo-oor: dwarsoor die muur
1 heeltemal bo-oor: die skop na die doelpale het dwarsoor getrek
2 reguit oor: by die sloot dwarsoor hou
3 in ʼn rigting dwars op die lengteas: ʼn kamer dwarsoor meet

Taalgebruik: ongerus, onrustig, rusteloos

$
0
0
Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Die ouers wat ongerus oor hul kinders is, is bekommerd of angstig [NIE: rusteloos] en hulle kan onrustig heen en weer loop of weens die ongerustheid nie slaap nie.

Diere kan ook onrustig wees as iets nie pluis is nie. Kinders wat nie tot rus kan kom nie, is rusteloos (woelig). Die onlustepolisie is na die onrusgebied [EERDER AS: onrusgeteisterde gebied] gestuur.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: marine, mariene, maritieme

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Die byvoeglike naamwoord mariene beteken “betreffende die see”: mariene diere/lewe/plante en ook mariene bestuur/biologie/inspekteur (twee woorde)

Die selfstandige naamwoord marine slaan op ʼn vlootmag of die militêre seewese waarmee ʼn samestelling soos marinebasis (een woord) gevorm word

Die byvoeglike naamwoord maritieme het betrekking op die skeepvaart

Engels mariner: marinier of seesoldaat (van byvoorbeeld die VSA)

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering


Taalgebruik: medikasie, medisyne

$
0
0
Argieffoto (Foto: jarmoluk, Pixabay)

Argieffoto (Foto: jarmoluk, Pixabay)

Medisyne word deur die mond of met ʼn lepel toegedien [NIE: per mond].
Iemand drink daagliks medisyne teen bv. malaria, gebruik of neem dit mondeliks, of sluk pille of tablette.
Middels of medisyne vir bv. teringlyers is gratis.

Die woord medikasie slaan meer bepaald op geneeskundige behandeling of die toediening of gebruik van medisyne, en ʼn amptelike verslag handel oor geneesmiddels [NIE: medisyne].

Gebruik ook die woord geneeskunde [NIE: medisyne] vir die professie of studierigting.

drugs (na gelang van die verband) medisyne, verbode middels of dwelmmiddels/dwelms
drug addiction dwelmverslawing; ook afhanklikheid van geneesmiddels, middelafhanklikheid

OOK:

Medisyne word mondeliks [NIE: mondelings] of deur die mond [NIE: per mond] geneem of gesluk. ʼn Eksamen of getuienis word mondelings (teenoor skriftelik) afgelê; die byvoeglike naamwoord in laasgenoemde verband is mondelinge (eksamen/getuienis).

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Woord: intelligensie

$
0
0
Argieffoto (Foto: RaphaelJeanneret, Pixabay)

Argieffoto (Foto: RaphaelJeanneret, Pixabay)

Woord:
intelligensie

Betekenis:
vermoë om te verstaan, skranderheid

Waar kom dit vandaan?
Niemand ken jou so goed soos jyself nie. Êrens in jou lewe moet jy begin weet of jy Nobelprysmateriaal is of nie. Die oorsprong van die woord is Latyn intus lego met die verstommende uitleg: “Ek lees binne my”. Enigeen wat dit kan doen, het die mag om te verstaan en iets vinnig te begryp.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: sterk punte en swak punte

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Sterk punt en swak punt is twee woorde.

be on the point of op die punt staan/wees om te… of jy wou net bv. bel
come to the point ter sake of tot die kern van ʼn saak kom
have a point iets beethê, daar steek iets in
make a point ʼn punt of argument stel/opper/aanvoer, ʼn bewering of stelling maak, ʼn punt beredeneer [NIE: ʼn punt maak] of, in ʼn ander betekenis: Jy moet bv. onthou (of: moenie vergeet) om…
make a point of it maak daar werk van, stel dit jou ten doel
see a point iets snap of insien
that’s the point daarom/daaroor gaan dit juis

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: uitdraai

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Gebruikers van Afrikaans gebruik soms verkeerdelik die woord “uitdraai” wanneer hulle wil verduidelik hoe ʼn saak verloop het:

it turned out dit het so verloop of gebeur, iets het geblyk
someone turned out iemand het byvoorbeeld ʼn skelm geword, of (hom) ontpop as byvoorbeeld ʼn sanger
things turned out well sake het goed afgeloop/uitgeval/ontwikkel

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: invoer, uitvoer

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Invoer het geen meervoudsvorm nie [NIE: invoere]. Baie vervalste produkte word onwettig in die land ingevoer (en soms na ander lande uitgevoer). Produkte word deur Suid-Afrika uit ʼn ander land ingevoer. ʼn Nuwe leerplan of stelsel word in skole ingevoer, ingestel of in werking gestel.

Uitvoer het geen meervoudsvorm nie [NIE: uitvoere] en word met die lidwoord die gebruik: Die uitvoer van vrugte na Europa het toegeneem. Planne word ten [NIE: tot] uitvoer gebring of, nog beter, uitgevoer. ʼn Laai word met papier uitgevoer, en ʼn rok word met byvoorbeeld satyn gevoer.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: dier- en plantname

$
0
0
Argieffoto (Foto: julianhd, Pixabay)

Argieffoto (Foto: julianhd, Pixabay)

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters:

– akkerboom, alg, bloekom, jakobregop, kikoejoe, outeniekwageelhout, perske, protea, roos, sampioen
– adder, duif, eland, erdwurm, geelslang, jakkals, knopiespinnekop, komododraak, kriek, olifant, platanna, rooiroman, silwervos, snoek, vlermuis

Hierdie reël geld ook indien so ʼn naam ʼn samestelling is waarvan die eerste lid ʼn eienaam is – ongeag of dit ʼn geografiese, plek-, persoons-, etniese of ander eienaam is, hetsy verbleek al dan nie – byvoorbeeld gaboenadder, hartmannbergkwagga, pietretiefbroodboom, sederbergghwarrie, tahitikastaiing, zambezihaai.

indien die afgeleide vorm vna veral geografiese eiename egter gebruik word, word die gebruiklike hoofletter by die afleiding behou, byvoorbeeld Kaapse kanferfoelie, Rhodesiese katjiepiering, Spaanse makriel, Transvaalse wurmslang. Indien ʼn persoonseienaam met die setsel se aan ʼn soortnaam verbind (met of sonder koppeltekens) en so die gewone plant- of diernaam vorm, word die hoofletter van die persoonseienaam behou, byvoorbeeld Geoffroy se saalneusvlermuis, Moses-se-kierie. Let op dat daar in bepaalde vakgebiede tradisioneel in sekere gevalle ook ander skryfwyses voorkom, byvoorbeeld Major Mitchell-kaketoe, Pére David-hert, Prins van Wallisheide.

Let op dat benamings van diererasse, kultivars, plantvariëteite en dergelike ook met ʼn hoofletter kan begin, byvoorbeeld jersey of Jersey, cabernet of Cabernet, hubbardpampoen of Hubbardpampoen.

Taalgebruik: idee

$
0
0
Argieffoto (Foto: stux, Pixabay)

Argieffoto (Foto: stux, Pixabay)

“Idee” is sinoniem met “denkbeeld. Gebruik na gelang van die konteks:

fresh ideas nuwe gedagtes of planne, voorstelle of wenke
give an idea of ʼn aanduiding gee van
have an idea that vermoed dat
have a bright idea ʼn blink gedagte/plan/ingewing kry
have a faint idea of something ʼn flou/vae begrip van iets hê
not have the faintest/foggiest idea nie die vaagste benul hê nie
have a high idea of ʼn hoë dunk hê van
it is not my idea of dit is nie wat ek bv. luuks noem of as luuks beskou nie
ideas on (a topic) opvattings/beskouings/menings oor (ʼn onderwerp)
that is the idea dit is die bedoeling

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering


Taalgebruik: herinner en herinnering

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Herinner (werkwoord)
1. Laat dink aan: Dit herinner my aan my kinderdae. My suster herinner my altyd so aan ons moeder.
2. Die aandag vestig op; indagtig maak: Hy het my aan my belofte herinner. Herinner my tog dat ek vanaand na die uitsending moet luister. Hy raak so vergeetagtig dat hy aan alles herinner moet word.
3. Weer in die geheue, voor die gees roep, te binne bring: Ek kan my dit nie meer herinner nie.

Herinnering (selfstandige naamwoord) (herinnerinkie)
1. Daad, proses van herinner: Die herinnering aan vervloë dae. Iemand iets in herinnering bring, daaraan laat dink. Iets in herinnering hou, dit onthou.
2. Vermoë om jou iets te herinner; geheue: Hy het ‘n lewendige, helder, vae herinnering aan die gebeurtenis.
3(a) Voorstelling wat jou uit die verlede bygebly het: Die herinnering van ‘n wonderlike vakansie.
(b) Iets wat ‘n mens jou herinner: Herinneringe uit die verlede opteken.
4(a) Middel om die gedagtenis lewendig te hou, die gedagte aan iets terug te roep: ‘n Geskenk ter herinnering aan ‘n lekker vakansie. ‘n Merkteken as herinnering aan die oorlog.
(b) Iets wat moet dien om mens iets te laat onthou: Hierdie brief is ‘n herinnering van volgende week se vergadering.

Taalgebruik: te danke aan, te wyte aan

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Gebruik te danke aan/danksy waar dit om iets gunstigs gaan.

Die uitdrukkings iets wyt aan en te wyte aan word net in verband met negatiewe gevolge gebruik.

Toe te skryf aan is neutraal.

Die werkwoord toedig het die ongunstige betekenis van om iets ten onregte toe te skryf aan: ʼn onvleiende opmerking word aan ʼn sekere persoon toegedig, maar die ontstaan van die Krugerwildtuin word aan pres. Paul Kruger toegeskryf [NIE: toegedig].

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: grootword, groot word

$
0
0
Argieffoto (Foto: sebastian2nd, Pixabay)

Argieffoto (Foto: sebastian2nd, Pixabay)

Gebruik grootword (een woord) met verwysing na jeugjare of volwassewording: Hy het in Pretoria grootgeword [NIE: opgegroei]

Gebruik groot word (twee woorde) in die letterlike sin wanneer iets in lengte of gewig toeneem

Taalgebruik: proe of smaak?

$
0
0
Argieffoto (Foto: 9355, Pixabay)

Argieffoto (Foto: 9355, Pixabay)

Die Engelse werkwoord taste is in Afrikaans proe in die sin ek proe iets, en smaak in die sin iets smaak lekker, maar die kos proe heerlik is al so ingeburger dat proe maar soms as sinoniem vir smaak toegelaat kan word, solank dit nie smaak verdring nie. Proe is ietwat meer gemoedelik en informeel.

tasty smaaklik: iets het ‘n lekker smaak
tasteful smaakvol (wat “elegant” of “met ‘n kunssin” beteken): Die vrou is smaakvol geklee, en haar huis is ewe smaakvol gemeubileer
in good taste dit getuig/spreek van goeie smaak, dit is goeie smaak en is met goeie smaak of smaakvol aangebied. Die teenoorgestelde is smakeloos [NIE: dit is in slegte/swak smaak]

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek:Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Taalgebruik: meen, mening

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Die werkwoord meen is soms sinoniem met dink, voel of reken en is geen anglisisme nie. Meen is ook aansienlik korter as die uitdrukkings is van mening, die mening huldig dat en die mening toegedaan wees dat: Sy het gemeen die saak moet ondersoek word.

Jy verkry ʼn mening of win dit in, en opper/waag of spreek ʼn mening uit.

I think/… I am of the opinion ek meen/reken [NIE: voel]
I mean ek bedoel
have a good opinion of someone ʼn hoë dunk [NIE: opinie] van iemand hê, baie van hom dink of hom hoog aanslaan
in my opinion na/volgens my mening, na my oordeel, myns insiens of my mening omtrent iets is dat…, ek dink of meen dat…

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek:Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Viewing all 411 articles
Browse latest View live