Quantcast
Channel: Taalgebruik | Maroela Media
Viewing all 411 articles
Browse latest View live

Taalgebruik: wegdoen, weggooi

$
0
0
Argieffoto (Foto: tookapic, Pixabay)

Argieffoto (Foto: tookapic, Pixabay)

weggooi
1 (a) ontslae raak van; eenkant toe gooi; wegwerp: ‘n sak verrotte aartappels weggooi
(b) verlore laat raak/gaan: Sy het die sleutel weggegooi, en nou kan niemand dit kry nie
(ook figuurlik) jou goeie naam weggooi deur oneerlike gedrag
2 nie gebruik nie, verkwis: ‘n kans weggooi; geld op ‘n mislukte onderneming weggooi
3 in die steek laat; verwaarloos: Hy het sy gesin/kinders weggegooi

wegdoen
ontslae raak van; verwyder; opruim; uitvis: Mense moet hul wapens wegdoen; ons sal die ou metode moet wegdoen

dispose of iets (wat nie weer gebruik kan word nie) wegdoen of weggooi [NIE: wegdoenbare doeke]
do away with iets afskaf, laat vaar, daarvan ontslae raak, dit uitskakel, verwyder of wegmaak


Ongehoorsaam skryfreëls

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Dié 24 Afrikaanse taalreëls laat selfs veterane struikel. Kyk na die misbruik – en hou koers!

  • Moenie apostrofe’s verkeerd gebruik nie.
  • Modewoorde moet basies uit die aard van die saak vermy word.
  • Moenie sinne aanmekaarlas nie gebruik punte en hoofletters dit maak jou werk leesbaarder
  • Utiliseer slegs terme wat vir die waarskynlike lesers hic et nunc penetrabel is.
  • Vermy oortollige pleonasmes en dubbeldoor-toutologieë.
  • As jy van ‘n woord se speling of skryf wyse onseeker is, slaan na.
  • Maak seker dat jy nie die slot-nie weglaat.
  • Slegs bysinne, wat beperkend is, word tussen kommas geplaas.
  • Al skrywende duik daar soms deelwoorde op wat nêrens by hoort nie; skrap hulle.
  • Die voornaamwoord en hulle antesedente moet getalsmatig ooreenstem.
  • Voorkom dat jy nie die teendeel skrywe van wat jy bedoel nie.
  • ‘n Helder, ongemengde beeld is dikwels die treffende ruggraat van goed kommunikerende taalgebruik – veral in koppe, maar ook in lyfteks.
  • Onlangs het ek geleer wat tant Betje is en sal ek dus nie meer foutiewe sametrekkings van sinne maak nie.
  • Moet niks weer herhaal nie en sê ook nooit dieselfde ding twee maal nie.
  • Geen fragmente van sinne.
  • Te lang sinne is vermoeiend. Te kort sinne net so. Die onderlinge samehang ontbreek dan. Die sinslengte moet liefs varieer.
  • Elke paragraaf behoort oor één aspek te handel. Sinne wat oor iets anders handel, hoort nie in die paragraaf nie. ‘n Sin vir humor is baie nodig.
  • Gebruik Hoofletters oordeelkundig.
  • Geliewe nie te hoogstylig vir die okkasie tot skrywe oor te gaan nie.
  • Onalg. afks. moet so min mntl. gebruik word, want vir b. het die wsk. leser meer nodig as net e.l.
  • Roei steurende Anglisismes in jou taalgebruik lok, stok en vaatjie uit.
  • Ek is enersyds ongelukkig met die feit dat nie alleen in amptelike taal nie, maar ook – en wellig veral – in taaluitings binne die politiek die verskynsel hom op allerlei vlakke voordoen dat mense hulle bedien van weliswaar grammaties onberispelike, maar desalnietemin onoorsigtelike sinne, waarbinne stellings, in sover hulle duidelike uitsprakte bevat, vermy word, maar waarin verdere beperkings en voorbehoude daarvoor sorg dra dat die leser – of toehoorder – die spoor byster raak, maar ek het andersyds, omdat ek my enigsins onder die polities geletterdes skaar, daar begrip voor, maar geensins simpatie mee nie, dat dit die geval is om niepartygenote die politieke harnas in te jaag, wat natuurlik ook weer nie opgeneem mag word as ‘n aansporing om die kiesers sand in die oë te strooi nie.
  • Pasop om nie verkleinwoordjies in ‘n saaklike geskriffie te gebruik nie.
  • Proelfees jou wrek noureukig.

Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998

Die waarde van getuigskrifte

$
0
0
Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

In How to Read a Book skryf Mortimer Adler hy kan aan net een situasie dink waarin mense werklik beter lees as gewoonlik: Wanneer hulle verlief is en ‘n minnebrief ontvang. Dan lees hulle elke woord op drie maniere: tussen die reëls en in die kantlyne, die geheel in terme van die dele, en die dele in terme van die geheel. Hulle word gevoelig vir konteks en meerduidigheid. Hulle let op die kleur van woorde, die geur van frases, die gewig van sinne… én neem punktuasie in aanmerking. Dán, indien nooit daarvóór of daarná nie, léés hulle. Tot so ver Adler.

Maar daar is nog ‘n geskrif wat ons baie, baie deeglik behoort te lees: ‘n getuigskrif. Juis omdat ons nooit bewustelik leer getuigskrifte skryf óf lees nie, is ons dalk agterna so dikwels teleurgesteld in die betrokke mens.

Wat ‘n getuigskrif nie getuig nie

Moenie getuigskrifte net lees vir wat daar staan nie. Wat van alles wat NIE vermeld word nie? En lees tog die swart-op- wit bewoording met ‘n vergrootglas en onder ‘n soeklig. Hier volg ‘n lys van moontlike betekenisse van woorde en sinsnedes in getuigskrifte:

Aangename persoonlikheid – te dig om iemand te beledig
Betroubaar en hardwerkend – sonder verbeelding of inisiatief
Buigsaam – gewillig om die vuilwerk te doen
Entoesiastiese werker – dryf kollegas teen die mure uit met kwadruplisering
Gee volle samewerking – jellievis met geen eie standpunt nie
Goeie maniere – kruiperig
Goeie sin vir humor – lag altyd vir seniors se grappe, hoe flou ook al
Goeie spanwerker – te bang om op eie houtjie ‘n voet te versit
Handhaaf goeie verhoudings met minderes – kan nie nee sê nie
Inspireer ander – maak mense gereeld smoorkwaad
Leierspotensiaal – pasop vir jou rug en jou werk!
Let op ander mense se behoeftes – soek altyd ‘n los skelmpie
Lewendige telefoonetiket – swets en tier maklik oor die foon
Lojaal – verklik kollegas by die base
Ondernemend – hardloop agter al wat ‘n nuwigheid is aan
Pligsgetrou – neem nie lang etensure nie
Raak intens geïnteresseerd in die werk – kritiseer alles en almal
Sal goed inpas – sal nooit ‘n leier word nie
Sistematies – gekant teen enige vernuwing
Sonnige geaardheid – leë kop
Standvastig – onwrikbare konserwatiewe idees
Stip – verlaat die kantoor presies om 16:00
Van harte aanbeveel – vat om hemelsnaam weg uit my omgewing
Vol nuwe idees – wil vir almal voorsê wat om te doen
Vol selfvertroue – praat gedurig teë
Wye belangstelling – skeep eintlike werk af

‘n Getuigskrif is enig in sy literatuursoort. Lees dit volgens sy eie vereistes.

Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998

Taalgebruik: kibbel, knibbel en knabbel

$
0
0
child-978748_1920

Talle gebruikers van Afrikaans struikel oor die verskil tussen kibbel, knabbel en knibbel. Watter woord moet jy wanneer gebruik?

‘n Mens kibbel oor kleinighede en jy knibbel oor pryse as jy ‘n laer prys probeer beding. Knabbel beteken “peusel” of “versigtig byt”.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos

Taalgebruik: rolprent of film

$
0
0
charlie-chaplin-392926_1920

Foto: Pixabay

‘n Film is die rolletjie in die kamera. Tonele word op die stel in Langstraat verfilm/geskiet (deurdat dit op film vasgelê word). Gebruik die woord film liefs nie in die betekenis van “rolprent” nie, behalwe as dit deel van die naam van ‘n bekende instelling soos die Filmraad of ‘n bepaalde filmfees is – dit is ‘n sylkeuse.

‘n Rolprent draai of word gewys/vertoon [NIE: ‘n rolprent wys]. Die selfstandige naamwoorde fliek (ook as werkwoord) en bioskoop as sinonieme vir rolprentteater is aanvaarbaar.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos

Taalgebruik: vuur of brand

$
0
0
fire-1905608_1280ʼn Vuur wat deur iemand gemaak is, kan ʼn brand word wanneer byvoorbeeld die veld aan die brand raak [NIE: aan die brand slaan] en dan skade aanrig.
ʼn Brand breek uit of word gestig en dit kan buite beheer raak, buite bedwang woed, handuit ruk of onkeerbaar word en daarna bestry, geblus, in bedwang gebring, bedwing of onder beheer gekry word.Waar voorbrande gemaak word om te verhinder dat ʼn brand verder versprei, word gesê die brand word beheer
fire-works
(letterlik) vuurwerk of vuurwerkvertoning [NIE: vuurwerke]
(figuurlik) die vonke het gespat

Taalgebruik: spaar of bespaar

$
0
0

piggy-bank-1595992_1920Jy spaar geld of iemand se lewe, of jy spaar iemand die moeite of vernedering.

Jy kan water en elektrisiteit bespaar [NIE: spaar] en aan uitgawes bespaar of die uitgawes besnoei [NIE: bespaar/sny op uitgawes].

do you have a moment to spare? kan jy ʼn oomblik/tydjie afknyp? het jy tyd oor?

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos

 

Woord van week: Kiekie

$
0
0

family-anno-1326436_1280Woord:

Kiekie 

Betekenis:
Foto

Waar kom dit vandaan?
Genoem na ‘n Nederlandse fotograaf, Israël David Kiek (1811 – 1899). Sy van het in Nederland sinoniem geword met ‘n pretensielose foto, die kiekie.

Hy het in 1858 sy ateljee (en sy vrou en nege kinders) tussen die stasie en die beroemde universiteit in Leiden ingerig en vir veral sy groepfoto’s van studente bekend geword. Dit kon eintlik nie anders nie: Hy het die ekonomiese aanbod van drie albumportrette vir een gulde op hulle gemik. Die onderwerp van hierdie foto’s was dikwels ‘n klomp steierende, blink gedrinkte studente wat hom laatnag of self vroegoggend opgeklop het om ‘n rekord van ‘n prettige aand se gefuif te maak. Die kiekies is natuurlik redelik haastig gemaak, want die ou man het nie van die studentepret gehou nie en wou terug bed toe.

Hy het ook sy rug op die groep gedraai terwyl hy die tydopname bereken het. Dit het gemaak dat ‘n student miskien 50 van die 100 tellings sy kop op een skouer en dan die laaste 50 op die ander skouer laat rus het sodat die foto gewys het dat hy twee koppe het. Maar hy was ‘n geduldige sakeman en het selfs eenkeer toegelaat dat studente vir ‘n kiekie op die dak van sy ateljee klim.

Kiek se van is nie net in die eponiem kiekie verewig nie. ‘n Monument vir hom is in 1990 opgerig, ‘n straat in Amsterdam is in 2004 na hom genoem en so ook asteroïed nommer 17521 in 1993.

Oorspronklik gepubliseer in Anton F. Prinsloo se boek, Die aap in jou koffie
Uitgewer: Protea


Woord: laitie

$
0
0

microphone-1209816_1920Woord: Laitie laitie s.nw. Ook laaitie.

Seun of ʼn jong man.

Afleiding met -ie van die verafrikaanste vorm van Eng. light (1225), so genoem omdat ʼn seun of jong man lig van kop, hart en gedagtes is.

Vanuit Afr. in S.A. Eng. (1986). WAT, HAT, Silva

Etimologiewoordeboek van Afrikaans 

laitie s.nw., laities; laitietjie. (geselstaal; soms verkleinerend) Ook laaitie. Seun of jong man: Gaan sê vir daardie laitietjie as hy moeilikheid soek, kan hy dit kry. ≈ “Daar’s ʼn nuwe laitie in ons skool,” sê hy met berekende meerderwaardigheid (S.C. Brink in Huisg., 13 Jun. 1969, 81). Johny: Wanneer hou ʼn ou op om ʼn laitie te wees? Wynand: Wel, so teen dertig sou ek sê, of vroeër (H. Aucamp in Standp., Aug. 1985, 48). Hier’s maar min laities in die weeshuis wat regtig wees is (E. Steenberg: Moerasloper, 1968, 56). Weet Ma wat, ek het my eie bende gestig! Ja! Daar’s ander laities ook wat wil werk … en toe’t ons saamgemaak (Huisg., 20 Febr. 1970, 8).

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal

laai·tie s.nw. [~s] Ook lai·tie (sleng)1 seun(tjie): ◊ Maar die een wat aan my laaitie vat, maak ek vrék (PG du Plessis).
2 (geringskattend, skertsend) ventjie; kêreltjie: ◊ Die seun wat jou so gefieks het; is hy ’n laitie van soe twintig? (André P. Brink).
 [Engels light lig, tingerig, skraal]

lai·tie s.nw. [~s] (sleng) > laaitie

 

 

Woord van die week: wierook

$
0
0

img_9602Woord: wierook

Iemand wierook toeswaai
Iemand baie hoog prys
Laud someone to the skies. OPHEMEL, PRYS
Wierook is veral gebruik by heilige seremonies en om hulde te bring aan belangrike persone wat hoog geag is.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom, Anton F Prinsloo

 

Taalgebruik: vasberade of vasbeslote

$
0
0

flower-girl-1136460_1280Vasberade slaan op ʼn karaktereienskap, soos in ʼn vasberade leier
Jy is (in jou gemoed) vasbeslote om jou plan uit te voer (hoewel jy nie noodwendig ʼn vasberade mens is nie)

vasberade wat nie maklik van sy/haar standpunt afwyk nie; met vaste wil; standvastig: vasberade wees om ʼn saak deur te voer; vasberade stakers

vasbeslote wat nie maklik van sy/haar standpunt af te bring is nie; gedetermineerd: Hy is vasbeslote om te bedank

Bron: Skyf Afikaans van A tot Z

 

Woord van die week: doilie

$
0
0

karelia-887044_640Woord:
doilie

Betekenis:
Kralelappie, bekerlappie. Ronde gehekelde lappie, gewoonlik omsoom met kraletjies as gewiggies, wat oor ‘n melkbeker of enige sodanige houer gegooi word.

Waar kom dit vandaan?
Uit Engels doily, doyly, doyley (1711) “doekie van kant, linne, ens. om meubels te versier of te beskerm”, “servetjie”.

Engels doily, doyly, doyley na Doily, ‘n Londense handelaar in kledingstowwe (ongeveer 1712).

Taalgebruik: mat of tapyt

$
0
0

carpet-58866_640Mat word vandag vir los matjies, Oosterse matte én volvloermatte gebruik. Dit het die woord tapyt (vroeër ook soms vir linoleumgebruik) tot groot hoogte verdring.

be on the carpet tot verantwoording geroep word, voor stok gekry word, die leviete voorgelees word
roll out the carpet (letterlik) die rooi tapyt ooprol; (figuurlik) iemand met trompetgeskal ontvang/vereer
sweep something under the carpet iets in die doofpot stop, iets verdoesel, dit toesmeer of wegsteek

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z

Uitgewer: Pharos

Taalgebruik: instrumenteel, instrumentaal

$
0
0

Foto: Pixabay

Instrumenteel slaan letterlik op iets wat met behulp van ʼn instrument gedoen word.

In die betekenis van someone is instrumental in a process/plan/system (bv. John was instrumental in getting the contract to build the new building), is dit beter om te sê iemand is behulpsaam met/by, iets is bevorderlik vir, dra by tot, is diensbaar aan, werk mee aan, speel ʼn rol in, of: deur die toedoen van.

Instrumentaal hou verband met musiek wat voortgebring word deur, uitgevoer word op of gekomponeer word vir ʼn musiekinstrument; dus instrumentale musiek teenoor vokale musiek (sang).

Astrologie, astronomie

$
0
0

Foto: Pixabay

Talle gebruikers van Afrikaans is soms onseker oor die verskil tussen “astrologie” en “astronomie”.

ʼn Astroloog is ʼn sterrewiggelaar (iemand wat beweer dat die lotgevalle van die mens deur die stand van die sterre bepaal word); ʼn astronoom is ʼn sterrekundige (wetenskaplike).

astrologie: sterrewiggelary (uit Grieks: astron ster + logien praat)
astronomie: sterrekunde (uit Grieks: astron ster + nomos wet)

Hierdie brokkie is gepubliseer in Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos

 


Taalgebruik: nimlik, minlik

$
0
0

Illustrasie: Pixabay

Minlik beteken “aanvallig” of “vriendelik”: haar minlike gelaat of ʼn minlike skikking(sonder die tussenkoms van die hof).
Nimlik beteken “einste”: Dis die nimlike hy.

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer:
Pharos

Taalgebruik: opsoek, op soek

$
0
0

Argieffoto (Foto: myrfa, Pixabay)

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil tussen “opsoek” en “op soek”.

opsoek x op soek

Hier is twee heeltemal verskillende konstruksies wat heeltemal verskillend gebruik word, en tog sien ’n mens dikwels dat die eerste een in plaas van die tweede gebruik word. Die eerste een, opsoek, is ’n skeibare werkwoord (ook genoem deeltjiewerkwoord, partikelwerkwoord) wat in Afrikaans veral beteken “ ’n besoek bring aan, op besoek gaan” en “naslaan”.

Afhangende van die sin waarin dit gebruik word, word dit óf as een woord geskryf, óf as twee los woorde, maar dan kom die op ná die soek: Jy moet my opsoek as jy weer in ons dorp kom, hoor!; Kom soek my op as jy weer in ons dorp kom, hoor!; Vakansietye het ons altyd Pa se ou tante in die ouetehuis opgesoek. (In die infinitiewe vorm van die werkwoord word die dele natuurlik ook geskei: om (iemand) op te soek.)

Die ander konstruksie is ’n tipiese voorsetselkonstruksie waarin soek ’n selfstandige naamwoord is wat voorafgegaan word deur die voorsetsel op en gevolg word deur na, byvoorbeeld: Hulle is op soek na blyplek in die stad; Ek was juis op soek na ’n lekker boek om te lees toe ek dié een raakloop. In geen omstandighede kan op plus soek in hierdie konteks as een woord geskryf word nie.

Indien jy dus ʼn woord in ʼn woordeboek wil naslaan, dan kan jy die woord “opsoek”.

opsoek ww. [soek op; het opgesoek]

1 iets opsoek iets in ‘n boek/ens. soek/naslaan: ʼn woord in ‘n woordeboek opsoek.
2 iemand opsoek aan iemand ‘n besoek bring: Dis tyd dat ek weer my ou vriende in die stad gaan opsoek (iemand se geselskap opsoek)
3 Kies as plek om die tyd te verwyl: Die koelte, skaduwee opsoek

op soek [na]

Indien jy spesifieke besonderhede soek of indien die polisie iemand soek, dan is jy op soek na die besonderhede of die polisie is op soek na die persoon (of bloot, soek die persoon).

Dié inligting is beskikbaar op VivA se aanlyn-app. Besoek gerus die VivA-webblad of laai die gebruikersvriendelike slimfoontoepassing af (kyk in die iStore en op Google Play vir VivA-aanlyn)

Taalgebruik: rimpel

$
0
0

Argieffoto (Foto: Janeke88, Pixabay)

Woord:
rimpel
1 plooi/groef in die vel: ’n gesig vol rimpels • gerimpelde hande.
2 vou; kreukel: rimpels uit ’n rok stryk • ’n verlepte appel vol rimpels.
3 ligte golwing van water: ’n kalm see sonder rimpels.

Uitdrukkings
’n naam sonder vlek of rimpel
’n vlekkelose karakter (vgl. Ef. 5:27).

1a Ligte, uitkringende golwende aksie soos wat tipies in water of vloeistof ontstaan wanneer dit versteur word; sinoniem rippel; rimpeling (minder gebruiklik): Geen rimpel versteur die oppervlak van die kloofdam nie (Volksblad, 28 Februarie 2007, Kontrei, 3). Dikwels kring rimpels oor die watervlak as ‘n krokodil deur die geklap van die spane gesteur word en die water inspat (W. v. Riet: Stroom Af, 1966, 120). As die wind waai, kom daar rimpels op die water in die vywer (E. Spence: Kaleidoskoop, 1970, 38).

b (minder gebruiklik) RIMPELEFFEK: Ondersteuning deur die breë media sal die veldtog se slaankrag verhoog en die rimpel wyer laat uitkring (Burger, 15 Jul. 2006, 15).

2 (elektrisiteit) Ligte fluktuasie in die intensiteit van ʼn elektriese stroom: Die generatorlewering (bevat) baie min rimpel (R.D. Bingham, vert.: Bas. Elektr. V, 1973, 5.17).

3a Plooi veral in die gesig; sinoniem kreukel (minder gebruiklik), rimpeling (minder gebruiklik), ritteling (ongewoon): Die jong man glimlag en daar is fyn rimpels om sy wakker oë (M. Fouché in Landbouweekblad, 15 Nov. 1966, 80). Om (sy) dun, smal mondjie wil net ‘n rimpeltjie van ‘n laggie wees (J. Fick: Voortrekkers, 1939, 5).

b i Groef, plooi, bolronde kromming of vorm wat aan ʼn golf laat dink; sinoniem rimpeling (minder gebruiklik), ritteling (ongewoon): (ʼn) Rimpel… (kan) in ʼn stof ontstaan wanneer dit gestryk word (Son, 16 Maart 2007, 22). Nate (vorm) rimpels as die verkeerde tipe garing gebruik word (Boerdery S.A., April 1971, 66). Alle oppervlakke, met inbegrip van sweislasse, moet vry wees van invretings, diep krapmerke, skaal, rimpels, verbuigings en ander defekte (S.A.B.S. 8 — 1979, 179).

▪ Ook figuurlik: U en u gesinnetjie (is) nie sonder vlek of rimpel nie, ook maar gewone mense (Kerkbode, 9 Julie 1969, 60).

ii (plantkunde) Insnyding of geplooide deel in ʼn lob.

het gerimpel; rimpelende, rimpelend, gerimpelde, gerimpeld.

Rimpels vorm of kry, of rimpels laat kry; sinoniem rippel: Die ottervelstringe oor sy bors rimpel as hy, ‘n veteraan van die Koreaanse oorlog, verby ‘n vrou dans (Burger, 23 Junie 2006, 19). Waar die stert (v.d. buffel) nie bykom nie, rimpel die vel met vinnige bewegings om die lastige insekte te verjaag (Landbouweekblad, 24 Junie 2005, 92). Mexikaanse golwe het deur die paviljoene gerimpel en landsvlae is trots geswaai (Beeld, 17 Februarie 2003, 3). Sy gerimpelde gesig, die vel tot leer deur die son verskroei, vertel die storie (Volksblad, 21 Februarie 2007, 2).

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands rimpel
Die Middelnederlandse vorm was rimpe en Nederlands rimpel het in die 16de eeu in gebruik gekom.

Dié inligting is beskikbaar op VivA se aanlyn-app. Besoek gerus die VivA-webblad of laai die gebruikersvriendelike slimfoontoepassing af (kyk in die iStore en op Google Play vir VivA-aanlyn)

Taalgebruik: middel

$
0
0

Grafika: Wikihow

Taaltoffie ondersoek die gebruik van die woord “middellyf”, “middeltjie” en “middellyn”

ʼn Rok het ʼn middellyf of is by die middel ingeplooi.
Die vrou het ʼn dun middeltjie of ʼn dik middel(lyf).
ʼn Rugbyveld het ʼn middellyn [NIE: halflyn] wat dit in twee helftes verdeel.

Taalgebruik: houtskool, steenkool

$
0
0

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Rooikrans maak lekker kole waarop jy vleis kan braai.

charcoal houtskool: onvolledig verbrande hout waarmee tekenige gemaak word en wat in die vorm van brikette vir braaivure gebruik word, asook die kleur

coal steenkool: swart afsettings in dei aarde wat gedelf en gebruik word vir verhitting of vir die vervaardiging van olie

coke kooks: steenkool wat deur hitte gesuiwer is en waarmee nywerheidsoonde of bv. skeepsmasjiene gestook word

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek:Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Viewing all 411 articles
Browse latest View live